Русские видео

Сейчас в тренде

Иностранные видео


Скачать с ютуб My Beautiful Sarie Marais - Anne Shelton With John Massey & His Orchestra в хорошем качестве

My Beautiful Sarie Marais - Anne Shelton With John Massey & His Orchestra 3 года назад


Если кнопки скачивания не загрузились НАЖМИТЕ ЗДЕСЬ или обновите страницу
Если возникают проблемы со скачиванием, пожалуйста напишите в поддержку по адресу внизу страницы.
Спасибо за использование сервиса savevideohd.ru



My Beautiful Sarie Marais - Anne Shelton With John Massey & His Orchestra

Anne Shelton is gebore as Patricia Jacqueline Sibley op 10 November 1923 in Dulwich, Suid-London, in Engeland. Sy het altyd ‘n sagte plekkie vir Suid-Afrika en sy mense gehad, en het in 1945 die liedjie “My Beautiful Sarie Marais” spesiaal vir haar ondersteuners hier opgeneem saam met die orkes van Stanley Black. Sy het in die laat 1940’s verskeie Britse troepe in Noord- & Oos-Afrika gaan vermaak met haar pragsang, en toe ook sommer ‘n kort besoek aan die begin van 1949 aan ons land gemaak. Sy het die genoemde snit toe weer heropgeneem saam met ons eie John Massey se orkes, en as bonus ook ‘n snit wat sy spesiaal opgedra het aan ons land en sy mense getiteld “Land Of Sunshine”. Die twee snitte is in 1949 uitgereik deur Decca op die 78-spoedplaat FM 5723. Sy het in 1960 weer kom kuier, en ‘n baie suksesvolle toer hier onderneem. Anne se laaste optrede was op 27 Julie 1994 by die Buckingham Paleis. Sy sterf aan ‘n hartaanval in haar slaap op 31 Julie 1994 in die ouderdom van 70, en is op 15 Augustus 1994 begrawe in hul familie-graf by Brenchley Gardens in London.

Comments